Nuus

14 Oktober 2017

weeklikse gebed


Category: General
Posted by: hannes

Jk. 4:7

7 “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

Lk. 10:19

19 “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”

Fil. 4:13

13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. ”

Vader, ek onderwerp my nou ten volle aan U Woord deur alles te doen wat daarin geskryf is, en weerstaan die duiwel en neem die mag op teen die vyand en weet dat niks my ooit skade sal aandoen nie, en daarom is ons tot alles in staat deur Christus om te kan doen wat U van ons verwag.