Nuus

03 Mei 2014

weeklikse gebed


Category: General
Posted by: hannes

Rm 12:20

20 “As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

 

Vader vergewe my asseblief dat ek my vyande eerder vervloek of met afsku behandel het en ook dat ek niks met hul te doen wou hê nie, terwyl U Woord my leer om hulle met kos en drinkgoed te voorsien. Sal U asseblief my help dat ek alle kwaad in my lewe sal oorwin deur net die goeie te doen, asook om vir my vyande te bid. Amen